Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga het die lewenslange vonnisse verwelkom wat die Hooggeregshof in Middelburg aan twee mans vir moord met voorbedagte rade opgelê het. Andile Ndlangamandla en Thembinkosi Chonco is skuldig bevind aan die moord op die voorsitter van die Middelburg Taxi-vereniging, Masinya Mthimunye, in September 2018. Hulle het sy eiendom besoek onder die dekmantel van die aankoop van beeste toe hulle hom geskiet het. Die NVG-woordvoerder, Monica Nyuswa, sê vier mans is aanvanklik aangekla, maar die een is intussen oorlede en die ander het 'n staatsgetuie geword. 100.5FM Radio Laeveld Nuus