Leeus reis na Mbombela vir Pumas-kragmeting Saterdag
13 August 2025

Leeus reis na Mbombela vir Pumas-kragmeting Saterdag

100.5FM Radio Laeveld

About
Die Airlink Pumas het die Bulle Saterdag met 41-7 by Loftus verstom in die Carling Curriebeker. Die Griekwas het ‘n 47-17 oorwinning behaal oor die WP in Kimberley. In Durban het die Cheetahs die Haaie in ‘n gespanne stryd met 7-5 geklop. Die Boland Kavaliers het die naweek gister afgesluit deur die Leeus met 29-10 in Wellington te klop. Die Pumas is nou boaan die punteleer. M.J. Mentz, die agterlyn-afrigter van die Pumas, vertel vir Sonop Ontbyt hulle is slaggereed vir die Leeus Saterdag by Nelspruit-rugbyklub. Die afskop is om 14:00.