
About
Betogings lê dienste in Barberton lam na inwoners begin protesteer het oor die feit dat daar besluit is om die dorp deel van Mbombela-munisipaliteit te hou. Verlede jaar het die munisipale afbekeningsraad aangedui hulle oorweeg dit om Barberton weer sy eie munisipaliteit, Umjindi, te gee, soos voor hulle in 2016 saam met Mbombela moes smelt. Daar is onlangs besluit dat dit nie sal gebeur nie. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, sê sommige inwoners blameer die amalgamasie vir hul dienslewerings-probleme en demonstreer nou hul ontevredenheid deur munisipale werkers daarvan te weerhou om te werk. Die DA doen ‘n beroep op die burgemeerster, Sibongile Makushe-Mazibuko, om in te gryp en ‘n oplossing te soek.