zeno
Home
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Log in
Sign up
Toggle Sidebar
zeno
100.5FM Radio Laeveld
100.5FM Radio Laeveld
Other
English
As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.
Website
Episodes
150
04 September 2025
Finale hekkie in Curriebeker wag
Die Airlink Pumas het die WP Saterdag met 39-13 in hul Curriebeker-wedstryd in Kaapstad geklop en bly sodoende in die stryd vir die uitspeelrondes. Die Pumas is nou 5de op die punteleer, met die segelose WP heelonder. Hulle speel Vrydagaand in Durban teen die Haaie in die finale ronde om die laaste vier te bepaal. Sam Sikiwe is die spanbestuurder.
6 min
04 September 2025
House of Plumbing skou saam met 100.5FM
Die Mpumalanga Skou is hier en 100.5FM saai regstreeks uit vanaf Mbombela-stadion. Saterdag is dit saam met House of Plumbing. Craig Irwin het met Sonop Ontbyt gesels.
9 min
03 September 2025
Produkta bied jou 'n nuwe ervaring
Richardt Strauss, die groep verkopebestuurder van Produkta Pre Owned Vehicles, maak Neels se oggend want hy wil net oor voertuie praat.
12 min
03 September 2025
LDV en 100.5FM skou Vrydag saam
100.5FM saai Vrydag regstreeks uit vanaf die Mpumalanga Skou saam met LDV. Neil Barker en Andrew Hare kuier in die ateljee.
17 min
02 September 2025
Plaaslike advokaat onder toppresteerders in SA
Adv. Kobus van der Walt het Maandag by Charles 'n draai gemaak tydens Laeveld Bliss om oor die toekenning te gesels wat hy ontvang het as een van drie landwye toppresteerders van die Nasionale Vervolgingsgesag. Hy is tans senior staatsadvokaat by die Mpumalanga NVG se Batebeslagleggingeenheid.
14 min
02 September 2025
Daar is baie om na uit te sien by die Mpumalanga Skou
Die Mpumalanga Skou beloof drie dae vol vermaak vir die hele gesin. Pieter Rischmuller is een van die kunstenaars wat daar optree. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
6 min
29 August 2025
Marita van der Vyver gesels oor haar jaar van vrees en vryheid
Die skrywer Marita van der Vyver is op besoek aan die Laeveld, waar sy gematrikuleer het, vir die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop. Haar uitgewer, Eben Pienaar, het haar na ons ateljee vergesel vir 'n geselsie.
10 min
29 August 2025
Crossing SUPERSPAR nooi jou uit
Crossing SUPERSPAR hou Saterdag 'n makietie en 100.5FM gaan die feestelikhede regstreeks uitsaai. Grant van Rooyen kuier in die ateljee.
12 min
27 August 2025
Sunbake ondersteun skole
Jabu Sethole van Sunbake was vanoggend in die ateljee saam met Andri en Neels om meer te vertel oor Sunbake se "Back to School"-inisiatief.
12 min
27 August 2025
Pumas delf onderspit teen Boland, tekkel WP volgende
Die Sanlam Boland Kavaliers het ‘n terugkeer van ‘n agterstand van 21-3 gelewer, om die Airlink Pumas Vrydagaand met 29-26 in Mbombela te klop, wat hulle bo-aan die Curriebeker-puntelys plaas. Spanbestuurder, Sam Sikiwe, kuier by Sonop Ontbyt voor hul kragmeting Saterdag teen die WP in Kaapstad.
9 min